Lekker om te hê ekstra’s
- Ons verhuur goeie kwaliteit bergfietse aan R500pp wat jy gedurende jou verblyf kan geniet.
- Ons het tuisgemaakte aandetes beskikbaar wat jy vooraf kan bestel en opwarm in jou verblyf: bobotie, lasagne, spinasie en feta quiche of herderspastei.
- Die ete kom saam me ‘n slaai en ietsie soet as nagereg.
Fasiliteite
Eko-vriendelike elektrisiteit met minimum impak op die omgewing word verskaf:
- Sonkrag sorg vir elektrisiteit en warm water (daar is geen 220volt krag nie).
- Die eet- en braai areas en braai gedeelte se kerslig, flitse en parafien lampe skep ‘n gemoedelike atmosfeer.
- Ligte werk op 12volt en die ys-en vrieskaste werk met gas / 24volt.
- Daar is USB laaipunte in die kamers en kombuis.
- Boekenhout het geen selfoon ontvangs nie en is wifi-vry.’n Tweerigting radiostelsel vir noodgevalle word voorsien.
Goed om te weet: Die naaste winkel is in Piet Retief, omtrent 50 km / 1 uur se ry van die hoofhek af. Inkopies kan vooraf gedoen word op versoek. Stuur jou bestelling per epos en ons sit ‘n fooitjie by vir die moeite. Alles sal reg staan in jou yskas by aankoms.