Fasiliteite
Watergat Boskamp het 4 gemerkte areas vir tente met plek vir nog 2 tente indien nodig.
Die opelug badkamer is die natuurlike poele in die rivier! Daar is net ‘n long drop toilet.
‘n Braaiarea onder die bome met ingeboude tafel is al wat jy nodig het vir kos in die bos. Twee bondels hout + 50 l drinkwater per dag word verskaf. Ekstra hout is beskikbaar teen R30/bondel.
Die Boskamp het geen selfoonontvangs of krag nie. Die naaste selfoonontvangs is 15min se ry ver, bo-op die berg. Die Boskamp is natuurlik wifi-vry.