Lekker om te hê ekstra’s
- Ons verhuur goeie kwaliteit bergfietse aan R500pp wat jy gedurende jou verblyf kan geniet.
- Ons het tuisgemaakte aandetes beskikbaar wat jy vooraf kan bestel en opwarm in jou verblyf: bobotie, lasagne, spinasie en feta quiche of herderspastei.
- Die ete kom saam me ‘n slaai en ietsie soet as nagereg.
Fasiliteite
Pypklip Kamp beskik oor eko-vriendelike energie:
- Sonkrag vir die ligte
- Gas vir die 3 kisvrieskaste (wat werk as yskaste)
- Daar is usb-laaipunte in die kombuis
- Daar is slegs wisselvallige selfoonsein by Pypklip Kamp.
- Pypklip Kamp is wifi-vry.
Goed om te weet: Die naaste winkel is in Piet Retief, omtrent 50 km / 1 uur se ry van die hoofhek af. Inkopies kan vooraf gedoen word op versoek. Stuur jou bestelling per epos en ons sit ‘n fooitjie by vir die moeite. Alles sal reg staan in jou yskas by aankoms.