Mimi Moya Wildernisbewaring
ondersteun ons projekekologiese veldbestuur
Ons probeer self natuurlik ook ons deel bydrae tot die bewaring en herstel van ons wildernisgebied deur onder andere ekologiese veldbestuur.By Mimi Moya pas ons roterende / drukbeweiding deur die Nguni beeskudde toe, om sodoende seisoenale kudde migrasie na te boots. Die beeskudde word vir ‘n kort periode op ‘n relatief klein gebied gekonsentreer, gevolg deur ‘n lang rusperiode vir die bepaalde gebied. Sodoende word die natuurlike grasveld se reserwes, wat in die wortels gestoor word, nie uitgeput nie en kry dit voldoende kans om volledig te herstel voor ‘n volgende beweidingsrondte.
kompostering
retensie van vog
groei
beweiding
koolstof
geen brand nie
Drukbeweiding siklus
- ‘n Relatief groot groep beeste bewei ‘n klein area vir ‘n kort periode, waardeur die plantmateriaal getrap word
- Die vertrapte laag plantmateriaal beskerm die grond teen ekstreme temperature, verhoog die grond se vogretensie en verbeter die opname van reënwater
- Hierdeur verhoog die aanwesige grondorganismes in getal en diversiteit, verbeter die grond se vogretensie en verminder gronderosie
- Lang rusperiodes (met geen of min beweiding) gee plante kans om volledig te hersel en sterker te word. Soos die weiding (gras en ander plante) meer robust raak, verhoog die voedingswaarde vir diere (beeste asook wild)
- Die biomassa, geproduseer deur plante en diere, verhoog met elke siklus.
- Mettertyd verbeter die weiding- en grondtoestande

Ondersteun Ons
SKENK ‘N WILDERNIS BEWUSWORDINGS DAGElke maand bied ons ‘n ‘Wildernis Bewusmakingsdag’ aan vir die plaaslike isiZulu skole rondom Mimi Moya. Op hierdie dae kry ‘n groep van twaalf laerskoolkinders met ‘n spesiale belangstelling in die natuur die geleentheid om saam met ‘n professionele veldgids op ‘n 4×4 safari deur Mimi Moya te gaan. Die leerlinge leer meer oor verskeie dier-, voël- en plantspesies, sowel as die belangrikheid van ‘n gebalanseerde ekosisteem. Na ‘n bos piekniek geniet hulle ‘n werkswinkel oor ons rol as mense om die planeet en die Suid-Afrikaanse fauna en flora te versorg. Praktiese wenke oor hoe om die omgewing te beskerm en ‘n verskil in hul gemeenskappe te maak, word gedeel. Tydens hierdie gebeure hoop ons om talentvolle toekomstige veldgidse en wildbewaarders te identifiseer, wat ons kan ondersteun om professionele veldgidsopleiding te volg en as gekwalifiseerde gidse in Suid-Afrika geregistreer te word.
Vir die projek werk ons saam met die gidse van Bhejane Nature Training.
Mimi Moya Wild NPC
Voel jy jou aangespreek deur die ambitieuse ekologiese projek en is jy bereid om dit finansieel te ondersteun? Al die hulp is welkom! Ons hou jou op hoogte via ons nuusbrief sodat jy kan sien hoe jou hulp ‘n verskil maak!Registration number Non Profit Corporation 2023/539474/08
Account name Mimi Moya WILD NPC
First National Bank
Branch Code 270844
Swift Code FIRNZAJJ
Account 63052166890
